Vonkelvrou

Print
10
May

MOEDERSDAG

My ateljeegas was Agust Schnepel en ons het onder andere gesels oor Moedersdag eerskomende Sondag.  Ek het weereens besef hoe groot voorreg dit is om 'n moeder te he en ook om 'n mamma te wees. 

My moedertjie het lankal verhuis en die verlange raak nie minder nie.  Soms wens ek dat daar nog een geleentheid was waar ek vir haar kon se ek het haar baie lief en dankie vir al haar liefde.  Moenie nalaat om vir jou ma te se sy is kosbaar en jy waardeer haar nie.  Net so moet mammas nie nalaat om hulle liefde aan hulle kinders te bewys en uit te spreek nie.

Geen prys kan aan liefde gekoppel word nie.  Dalk is daar 'n verwydering tussen jou en jou moeder, herstel dit solank jy nog kan.  Gryp die geleentheid aan om die rede vir die verwydering uit die weg te ruim, of dit te oorbrug en wees lief vir mekaar.

Mooi bly en baie seen

ESTELLE