Vonkelvrou

Print
08
May

HANTERING VAN TERMINAAL SIEK GELIEFDE

Wat staan jou te doen indien iemand na aan jou met 'n terminale siekte gediagnoseer word?  Wat van ouderdom?  Dis altyd baie moeilik as jy besef die dood van 'n geliefde is naby.

Maar wat kan jy doen en hoe moet jy dit hanteer? Bemagtig jouself met kennis oor die spesifieke siekte. Miskien sal jy voel jy wil vlug of teen die siekte in opstand kom,  dalk word jy heeltemal verlam gelaat met die gedagte aan die verlies van die geliefde. Erken teenoor jouself en die siek persoon  dat jy nie weet hoe om dit te hanteer nie. Dit is heeltemal verstaanbaar.

Dit is baie belangrik om steeds jou geliefde dieselfde te behandel as voor die diagnose.  Laat hom/haar toe om self besluite te neem en respekteer die besluite.  Wees versigtig om oorbeskermend te raak en onthou dat fisieke kontak baie belangrik is. Vra die siek persoon wat hy/sy wil he jy moet doen en gee hom/haar genoeg ruimte om onafhanklik te funksioneer indien dit moontlik is. Die bewys van agting en liefde bly ongetwyfeld baie belangrik. 

Kom ons maak dit ons keuse om mekaar lief te he en te waardeer ongeag omstandighede en moenie nalaat om die goeie te doen nie.

Kontak vr Dr Tessa van Wyk - 082 804 9886. 

Mooi bly

ESTELLE