Vonkelvrou

Print
02
May

WEES LIEF VIR JOU DIERE

Het jy 'n troeteldier? Dit word nou winter, is jou troeteldier se slaapplek warm soos jou  eie wintersbed  met genoeg komberse en dalk sy eie jassie?  Jy het die verantwoordelikheid om na jou diere te kyk en te versorg soos jy versorg wil wees. 

Jou hond blaf dalk aanhoudend.  Dit kan 'n aanduiding van verveling wees.  Onthou dit is deel van 'n hond se geaardheid en samestelling om te blaf.  Dis sy manier van kommunikasie.   Dis onrealisties om van jou hond te verwag om nie te blaf nie.  "Hou op blaf" behoort 'n gehoorsaamheidsbevel te wees en moenie op jou hond skel nie.

Sorg ook dat jou diere genoeg oefening kry.  Wanneer jy besluit om 'n hondjie aan te skaf, maak gebruik van die internet of jou veearts om die regte soort hond te kry, een wat by jou en jou familie sal pas.

Wanneer jy skel en skree sal hy dit dalk as  aanmoediging beskou om nog meer te blaf. Onthou ook dat jou troeteldier genoeg speelgoed moet he om hom besig en gestimuleer te hou.  Ongelooide velle, beeshoewe en volstruissenings is items wat hy met veiligheid kan kou. Maak altyd seker dat niks in jou troeteldier se lugpyp kan vassit nie.  Dra sorg dat hy gebalanseerd eet en altyd vars drinkwater het.

Raak betrokke by ons eie Dierewelsyn, of dit aktief of finansieel is.  Maak 'n draai by die hokke, daar is regtig die oulikste honde en katjies wat 'n goeie huis met  baie liefde nodig het. Onthou, opregte liefde en aandag is die beste wat jy jou troeteldier kan gee.  Leer jou kinders  om verantwoordelik en sorgsaam te wees.  Iemand wat lief is vir diere, sal ook mooi werk met sy medemens.

Mooi bly

ESTELLE