Vonkelvrou

Print
11
Apr

VINNINGE RAAD: HAND- EN VOET KURE

Heerlik om weer met jou te gesels en 'n oorsig te gee oor vandag se VONKELVROU program.

Sukkel jy met eelte op jou hande?  Afgesien van 'n professionele afskilfering, kan jy dit tuis ook doen.  Maak jou hande klam en meng growwe seesout (of suiker) met 'n baie ryk room.  Vryf goed in jou hande in, spoel af en smeer jou hande met 'n ryk handeroom.  Jy kan ook die eelte saggies met 'n amarilvyl behandel, maar onthou SAGKENS is die wagwoord.  Doen dit eerder elke dag in plaas van om dit die eerste keer die stukkend te vyl.  Naels wat bros is en maklik breek is dikwels as gevolg van 'n mineraaltekort.  Praat met jou apteker of dokter oor die geskikte aanvulling. Jy kan ook jou naels met 'n versterkende produk behandel.

Indien jy heeldag op jou voete staan en sukkel met spataartjies, is die beste raad om kompressiekouse te dra.  Die kouse sal die are saamdruk en bloed opwaarts laat terugbeweeg. Sit  saans wanneer jy ontspan met jou voete hoer as jou hart, dit sal ook met bloedsomloop  help. Jy kan ook laserterapie oorweeg as jy baie desperaat is, maar hou in gedagte dat die spatare kan terugkeer indien jy jou voete weer afskeep.  Vir gebarste hakskene, week jou voete in warm soutwater, skuur sagkens met puimsteen en smeer goed in met 'n ryk voetroom wat urea bevat.  Draai jou voete in kleefplastiek toe, trek sokkies bo-oor aan en hou dit oornag so. Vir voete wat moeg is, kan jy lekker warm water gebruik met growwe sout in en jou voete daarin week.  Dit doen wondere vir voete wat baie hard werk.

Wonderlike dag vir jou.

Mooi bly.

ESTELLE