Vonkelvrou

Print
26
Aug

Lichtenburg Groenlig Gemeenskaps Projek

Vandag het Madri Coetzee van Solidariteit Helpende hand by my in die ateljee kom kuier.

Ons het gepraat oor die LICHTENBURG GROENLIG GEMEENSKAPS PROJEK.

 

Ons verklaar oorlog teen dwelms in ons dorp.

 

FASE 1

BEWUS MAKING

Laat die groen ligte brand!!!

ACDC in Swart straat verskaf groen ligte aan ons teen kosprys. Ons vra dat elke inwoner van Lichtenburg ‘n groen lig gaan koop en elke aand van 7uur tot 8uur op hulle voorstoep sal brand om hulle steun vir hierdie projek te wys.

Ons wil graag ook die minisipaliteit betrek en van ons straatligte in die hoofstrate groen te laat brand teen dwelms!

Borde wat deur besighede geborg kan word is nog in die ontwerp proses. Hierdie borde wil ons by elke ingang van die dorp sit.

Die borde moet almal wat die dorp binne kom inkennis stel dat hierdie ‘n groen lig area is.  LICHTENBURG IS TEEN DWELMS!!

Daar sal ook kleiner borde wee swat elke besigheid by sy perseel kan posit. Ons kyk selfs na magnete wat jy teen joou kar kan posit.

Almal in die dorp is nie bewus van die enormiteit van die problem om ons nie.

Ons vra da tons as gemeenskap sal hande vat en saam staan TEEN DWELMS in ons dorp.

 

FASE 2

REHABILITASIE EN HELP

Ons wil mense help wat dwelms gebruik.

Ons gaan projekte loods om fondse hiervoor in te samel.

Skenkings is ook baie welkom.

 

FASE 3

SKOONMAAK

Ons wil die dorp skoon maak van “dealers” en hulle uit ons dorp kry met die hulp van die SAPS.

Enige insette, Hulp en ondersteuning sal warder word.

As ons almal saam staan en saam beklei sal ons, ons dorp en ons kinders kan beskerm teen dwelms.

 

 

Kontak gerus vir insette.

Madri Coetzee – 073 206 4660

Issie Nel           - 084 726 5240