Vonkelvrou

Print
21
Nov

BESONDERSE NAGEREG VIR JOU KERSTAFEL

Wil jy graag hierdie Kersfees 'n ligte, heerlike nagereg voorsit wat so bietjie anders is? Maak hierdie heerlike VRUGTE-ROLPOEDING!

DEEG:

275 g bruismeel,  ml bakpoeier, 2 ml sout, 1 eier, 100 ml olie, 100 ml melk

VULSEL

150 g droevrugte koekmengsel (of droevrugte van jou keuse) 50 g gerasperde cheddarkaas, 2 pakkies suurlemoen-jelliepoeier, 375 ml kookwater

Verhit oond tot 180 C. Smeer vlak oondvaste bak met inhoudsmaat 1,5 liter.

Sif droe bestanddele saam.  Maak holte in middel.  Voeg eier by olie en vul aan met melk tot 250 ml.  Moenie meng nie.  Giet alles in meelholte en meng tot deeg.  Rol deeg in vierkant uit, 30cm x 30 cm.  Strooi droevrugte oor en dan cheddarkaas.  Rol styf op en plaas in bak.  Los die jellie in kookwater op.  Giet helfte oor rolpoeding en bedruip die poeding af en toe met die res  van vloeistof terwyl dit bak.  Bak poeding ongeveer 45 min onbedek tot bruin en gaar.  Laat effens afkoel en bedien dit louwarm soos verkies.

Geniet!!

ESTELLE