Vonkelvrou

Print
17
Sep

SMAAKLIKE SLAAI

Lente- en somertyd is sinoniem met heerlike, vars slaai.  Jy kan slaai as 'n hoofmaal voorsit met proteien as hoofbestanddeel, en jy kan selfs slaai as nagereg voorsit.  Gebruik altyd die varsste bestanddele en leer so ook jou kinders om vars groente en vrugte te eet. Moet ook nie die vars kruie vergeet wat enige slaai ekstra smaak gee nie! Niks is beter en gesonder as wat die natuur joun bied nie.  Ek deel met jou 'n heerlike nagereg-slaai:

PINA-COLADA PYNAPPELSLAAI

 1 vars pynappel of 220 g geblikte pynappel, 1 vars mango, halwe papaja, kwart koppie klapperroom, kwart koppie pynappelsap (stroop van geblikte pynappel) 2 eetl wit rum (opsioneel) geroosterde gedroogde klapper.

Skil pynappel en sny in mooi skywe of blokkies.  Doen dieselfde met die mango en papaja.  Plaas al die vrugte in 'n bak, meng die klapperroom, pynappelsap en rum en giet oor vrugte.  Versier met geroosterde klapper.

Heerlik en gesond.

Lekker kosmaak.

ESTELLE