Vonkelvrou

Print
28
Aug

DIE SAGTHEID VAN 'N VROU

Die vrou het 'n spesiale gawe van God ontvang, en dit is haar sagtheid wat so deel is van vrouwees.  Dr Tessa van Wijk deel vandag met ons oor hierdie besondere eienskap van 'n vrou.

Baie vroue is soms hard en ongenaakbaar, beheervrate wat almal wil regeer.  Hoekom?  Baie vroue voel emosioneel onveilig, word dalk deur hul mans mishandel, fisiek en emosioneel.  Hulle het 'n lae selfbeeld, of is baie statusbewus.  Vroue wat nie genade ken nie, is wrede vroue en vroue wat nie kan vergewe nie, is gevaarlike vroue.  Dinge wat met sagtheid kan inmeng is angstigheid, bitterheid, aanhoudende gekla, onvoorspelbaarheid, altyd geirriteerd.

Die vraag kom onwillekeurig by mens op: hoe moet 'n vrou wees?  God het vroue gemaak om sag en teer te wees, beleefd, vergewensgesind, genadig.  Daar is min dinge wat met 'n vrou se genade vergelyk kan word.  'n Vrou se sagtheid le ook daarin om in vrede met God te lewe, haar man en kinders kan rus by haar vind.  Dit is wat God in ons as vroue ingebou het.

Om te dien is een van die redes vir haar sagtheid.  Om haar man en kinders sterk te maak, om te versorg, lewe te gee, waardig op te tree en rigting aan emosie in die huis te gee. 

Het jy dalk jou sagtheid as vrou verloor en wonder jy hoe kry mens dit terug?  Gaan kyk na jou verwonding, deel met jou pyn, vergewe.  Hou op om te beheer, wees genadig teenoor ander en ook teenoor jouself.  Die binnekant van 'n vrou is waar die sagtheid begin.  Maak jou uiterlike mooi, maar tooi ook jou innerlike met God se genade.

Dr Tessa van Wijk se kontakbesonderhede:  selnr 083 804 9886.  Stuur vir haar 'n epos:.doctessa@gmail.com, of Twitter @askdoctessa.

Geniet jou vrouwees.

ESTELLE