Vonkelvrou

Print
27
Aug

VOEDSELSENSITIWITEIT

Die vasstelling van 'n allergiese toestand of spesifieke onverdraagsaamheid vir 'n sekere voedselsoort mag vir baie persone of ouers groot kopsere veroorsaak.  Om altyd op jou hoede te wees en seker te maak dat daar nie verkeerde kosse geeet word nie, is 'n voltydse saak.  Wanneer jy produkte aankoop, maak seker dat die inligtingsetikette gelees word en beveilig jouself op hierdie manier.

Hier is 'n resep vir 'n aartappelkors wat jy met die grootste vrymoedigheid kan maak.  Dis vry van koring, gluten, mielies, gis en skimmel, melk soja en kleur- en preserveermiddels.  Jy kan dit gebruik vir pasteikors, pizzas en selfs souttert.

AARTAPPELKORS

 500 ml koue, gaar fyngedrukte aartappels, 125 ml sagte melkvrye margarien, 2 groot eiers geklits, 500 ml aartappelmeel, 4 ml koeksoda, 6 ml kremetart, 2 ml sout

Meng die aartappel en margarien tot glad. Roer die eiers by, voeg droe bestanddele by en meng tot sagte, nie-klewerige deeg.  Bedek en verkoel tot benodig.

Hierdie deeg vries baie goed.

Smaaklike ete!

ESTELLE