Vonkelvrou

Print
18
Aug

DIE GESIG VAN 'N VROU

Waaroor gaan die gesig van 'n vrou? 

Dr Tessa van Wyjk deel vandag met ons oor hierdie ondewerp.  Die amptelike beskrywing van die fisiese gesig is die voorste gedeelte van die kop wat al die sintuie huisves, reuk, gesig, hoor.  Ook die mond wat ons gebruik om mee te praat en die kakebveen wat kan kou.  Die anatomie van die gesig is baie belangrik om die gedrag, funksies en vir voorkoms van gesigsuitdrukkings te verstaan.

Die gesigsuitdrukking vertel ons baie van die karaktereienskappe van 'n persoon, 'n boodskap uit die persoon se binneste.  Die nie-verbale kommunikasie is geweldig belangrik want jou gesig kan n sekere gemoed uitdruk sonder om 'n woord te se, of dit kan 'n sekere sentiment wat jy as persoon aan iets of iemand heg, uitdruk.

Onwillekeurig ontstaan die vraag of daar te veel klem op uiterlike skoonheid gele word.  In baie gevalle is dit die waarheid, kyk maar in enige tydskrif.  Dit help nie jy spandeer bauie geld aan uiterlike skoonheid en binne jouself is jy lelik nie.  Daar moet ook 'n mooi innerlike wees wat dan jou uiterlike skoonheid gaan beklemtoon.

Wat kan mens alles op 'n vrou se gesig sien: vrees, bekommernis, minderwaardigheid, woede onvergewensgesindheid, maar ook vrede en vreugde.

Watter innerlike skoonheid is nodig om jou voorkoms te verander? Geloof, die kalmerende uitwerking van gebed, die skoonheid van selfaanvaarding, die grasieuse skoonheid van vergifnis en liefde, en jou pragtige persoonlikheid.

Dr Tessa vabn Wyjk se kontaknr is 082 804 9886 en haar e-pos is doctessa@gmail.com.

Gebruik jou persoonlikheid om lief te he en iemand te bereik, glimlag en wees lief vir mekaar.

Met baie liefde aan JOU.

ESTELLE