Vonkelvrou

Print
06
Aug

VLEIS! VLEIS! VLEIS!!

Wat sal ons bevolking sonder vleis doen? Suid-Afrikaners se vleistande is behoorlik ontwikkel en die volgende 2 Dinsdae word vleissake gesels.  Van bees tot hoender en maalvleis, skaapvleis, varkvleis en dan gooi ons sommer wildsvleis ook by.  'n Heerlike allegaartjie om na uit te sien. 

Vandag deel ek met jou 'n vinnige hoender-resep (hoe dan anders, dit is immers die nr 1 vleissoort wat aangekoop word!)

VINNIGE HOENDER-STROGANOFF (Ina Paarman)

 6 hoenderborsies in repies gesny, 15 ml selfgegeurde meel, 10 ml paprika, 1 klein ui, fyngekap, 30 ml olie, 15 ml botter, 30 ml brandewyn, 15 ml tamatiepasta, 125 ml suurroom

Roer hoenderrepies in meelmengsel waarby die paprika gevoeg is.  Voeg ui by en roerbraai in olie en botter tot effens gaar.  Skep hoendermengsel uit en hou eenkant.  Gooi die brandewyn in die pan en kook aanbrandstukkies los. Voeg tamatiepasta en suurroom by en skep hoendermengsel in die sous.  Herverhit, kook 'n rukkie saam en sit voor saam met noedels of rys of selfs koeskoes.  Bedien ook vars gestoomde groente of 'n bros slaai daarby. 

Dis 'n heerlike resep. 

Lekker smul!

ESTELLE