Vonkelvrou

Print
31
Jul

PADWOEDE

Dr Tessa van Wyk deel met ons gedagtes en feite rondom padwoede.

Wat is padwoede?  Dit is 'n aggressiewe manier van motorbestuur.  Tipiese aggresiewe bestuur is onder andere onverskillig en te vinnig ry, op iemand se stert ry, roekeloos deur die verkeer vleg, padtekens ignoreer, anders bestuurders af sny en opsetlik stadig ry sodat niemand verby jou kan ry nie.  Padwoede is wanneer jy jou humeur verloor wanneer jy motor bestuur, vingers wys en ander se lewens in gevaar stel.

Die tipiese aggressiewe bestuurder is die persoon wat van spoed hou en dit negatief aanwend, narcissiste, kompeteerders en vigilantes (waaksames) - die stadige ryers.  Daar is ook vier vlakke van padwoede:

1ste vlak: 'n eenvoudige, eenmalige gebaar of vloekwoord;

2de vlak: herhaalde gebare saam met vloekwoorde wat geskree word

3de vlak: intimideer en konfronteer die ander bestuurder deur op sy stert te ry, die toeter te druk, ligte te flikker en/of van die pad te druk

4de vlak: om die bestuurder doelbewus seer te maak bv 'n wapen op hom te rig, of sy voertuig stamp of 'n ongeluk veroorsaak en hom aan te rand.

Vroue is meer geneig om te erken dat hulle aggressiewe bestuurders is, mans is meer geneig om deel te neem aan padwoede en aggressiewe bestuur.

Is daar wenke vir mense wat aan padwoede ly?  Berei jouself in jou gedagtes voor vir die pad.  Gee jouself genoeg tyd om by jou eindbestemming uit te kom, gee  ag op ander padgebruikers.  Onthou ook jou aksies op die pad skep 'n domino effek.  Luister rustige musiek, haal diep asem sodat daar genoeg suurstof in jou brein is.  Stop wanneer jy moeg is en moenie bestuur as jy honger is nie.  Maak die rit vir jouself aangenaam en bly kalm.

En moenie op jou selfoon praat terwyl jy bestuur nie.

Erken indien jy aan padwoede ly en neem mekaar in ag.

Dr Tessa van Wyk kan gekontak word by 082 804 9886.

Veilig ry.

ESTELLE