Vonkelvrou

Print
24
Jul

DIE TRAUMA VAN BANKROTSKAP

Dr Tessa van Wyk deel vandag met ons waarhede romdom bankrotskap.

Om bankrot te speel en alles te verloor, om van vooraf te begin en die wereld weer in die oe te kyk is baie moeilik.  Gewoonlik word bankkrotskap as mislukkig ervaar en beskou. Ons definieer onsself deur ons werk, wat gaan mense se oor my mislukking, ek voel waardeloos, ek is bang, voel onbevoeg en kan nie mense in die oe kyk nie.  Dis wat deur mens se gedagtes gaan wat die trauma van bankrotskap beleef.  Die finansiele implikasie is baie groot en dan is daar soms ook gevoelens van selfdood - die dood is beter as om mense in die oe te kyk.

Mislukking is alleenlik wanneer jy besluit dit is 'n mislukking.  Wanneer mens 'n fout maak (wat normaal is) hang dit alles van jou interpretasie van daardie fout af.  Besef niemand is perfek nie. 'n Fout of verkeerde keuse maak nie van jou 'n mislukking nie. 

Wat moet jy doen as jy wel deur 'n sekwestrasie of bankrotskap gegaan het, of nog gaan? Verander die persepsie oor jouself, van leuen na waarheid. Praat met iemand oor jou emosies, iemand wat jy kan vertrou. Erken jou emosionele pyn en laat jouself toe om te genees. Gaan kyk wat verkeerd geloop het en waar jy foute gemaak het, leer hieruit. Beplan vir die toekoms, oefen, leer weer lag.  Gee jouself toestemming om wel te kan fouteer, maar staan weer op en gaan aan. Die belangrikste is die opstaan, die weer probeer. 

Staan mense by wat deur dieselfde ondervinding as jy gegaan het, en onthou die lesse wat jy geleer het.  Vertrou GOD vir 'n nuwe begin, 'n herstel en 'n oorbegin, al is die die hoeveelste keer.

Daar is hoop, glo in jou self en begin lewe.

Dr Tessa van Wyk se kontaknommer is 082 804 9886.

Met baie liefde

ESTELLE