Vonkelvrou

Print
24
Jul

TAMATIES EN EIERVRUG

Gesonde groente is ononderhandelbaar.  Tamaties is heel jaar vrylik beskikbaar en word in vele resepte gebruik, maar eiervrug is vir my die "afskeep-groentesoort".  EK wonder of dit die kwessie of van onbekend is onbemind?  'n Heerlike vinninge gereg is braai uie tot deurskynend, voeg jou eiervrugblokkies by, plaas deksel op en stoom vir ongeveer 10 minute.  Voeg hierby die helfte van 'n blikkie uiesmoor en kook deur. Geur na smaak.  Heerlik op roosterbrood of saam met gebakte eier.  Nog 'n baie lekker eievruggereg is die volgende:

GEVULDE EIERVRUG

 4 eiervrugte, 2 medium uie, gekap, olyfolie, 6 - 8 tamaties, 2 knoffelhuisies (of meer as jy wil) fyngedruk, soiut en varsgemaalde swartpeper.

Voorverhit ond tot 200 C. Sny eiervrugte in helfte en laat le 'n halfuur in sout water.  Skep die binnekant uit en kap in blokkies. Braai ui in olie tot sag, voeg 3 gekapte tamaties by asook knoffel  en eiervurgblokkies. Geur. Braai vir ongeveer 10 minute. Plaas die halwe eiervrugte in oondbak en skep vulsel in. Sny orige tamaties in skywe en plaas bo-op.  Gooi water in bak en bak ongeveer 1 uur. Rasper cheddarkaas bo-oor of sprinkel met vars fyngekapte pietersielie.

Lekker kook.

ESTELLE