Vonkelvrou

Print
09
Jul

WILDSVLEIS-MARINADE

Wintertyd is wildsvleistyd. Heerlike geregte en koesterkos wat so eie is aan die winter. 
As jy 'n wildsvleisliefhebber is sal jy verseker 'n arsenaal wildsresepte he.  Ek deel graag met jou hierdie heerlike resep vir 'n besondere marinade vir wild.

MARINADE VIR WILDSVLEIS

 375 ml rooiwyn of 125 ml asyn en 250 ml water gemeng, 100 ml olie, 25 ml bruinsuiker, 1 ml fyn naeltjies, 12,5 ml fyn, gebrande koljander (opsioneel) 6 heel peperkorrels, 3 lourierblare, 2 uie, gekap, 2 knoffelhuisies, gekneus.

Meng al die bestanddele saam en plaas vleis daarin.  Marineer 6 - 8 ure en draai gereeld om.

Lekker eet!

Groete

ESTELLE