Vonkelvrou

Print
24
Jun

WAT DRA JOU DEUR 'N KRISIS?

 Om deur 'n krisis te gaan, is deel van die lewe.  Baie van ons kan identifiseer met 'n ander se swaarkry en leed.  Onwillekeurig vra ons die vraag: hoe kom ons deur hierdie krisis?  Partymaal voel mens lus om boedel oor te gee en wens jy kan net ophou bestaan.  Dis net menslik om so te voel.  Maar gelukkig het ons die sleutel tot heelwording en die krag om aan te gaan: JESUS.

Wat vir een persoon maklik is om te verwerk of te hanteer, is vir die volgende persoon nie noodwendig dieselfde nie. Leer uit jou krisis hoe om God te vertrou, hoe om te vergewe en hoe om die lewe weer vierkantig in die oe te kyk.  Onthou dat jy nog lewe, raak betrokke by ander, begin iets positiefs doen, al voel jy nie daarna nie. Leer weer lag, leer weer glo. Vra die Here, soos Dawid, om jou weer te leer lewe en vra Hom om jou uit jou krisis van die lewe te leer (Izak de Villiers).

Lees Ps 121: 4-5 en weet jy is nie alleen nie.

Liefde

ESTELLE