Luister Aanlyn

Luister Lichvaal Stereo aanlyn enige plek in die wereld van Duitsland tot Dubai!

Luister Nou Epos na Ateljee

Mark Aanwysers

Welkom by Lichvaal Stereo 92.6FM

Sedert sy ontstaan in 2003 is Lichvaal Stereo 'n plaaslike gemeenskapsradiostasie met 'n reikwydte van ongeveer 100km radius om Lichtenburg. Ons bedien die AFRIKAANSE gemeenskap en saai dus in Afrikaans uit.

Ons saai ook nasionaal en internasionaal uit oor die internet.

'n Nederige begin met enkele vrywilligers het gegroei tot 'n gemeenskapsradiostasie met 27 vrywillige omroepers en 5 voltydse personeellede.

Ons toerusting wat in die begin dae geleen was by ander radiostasies, is tans van die beste in die uitsaaiwese en word voordurend opgradeer.

Lichvaal Stereo bied programme vir 'n breë spektrum luisteraars, vanaf kleuters tot bejaardes, met programme wat wissel van tuin- en landbou tot alternatiewe Afrikaanse musiek. Ons teiken gehoor is egter hoofsaaklik tussen die ouderdomme 18 tot 45 jaar.

Saterdae-aande is ons deel van 'n groeiende groep radiostasies wat kykNet se Jukebox direk uitsaai.  Jy kan dus boodskappe na die Jukebox ateljee stuur en dit word letterlik landwyd en - wyd gesien en/of gehoor.

Lichvaal Stereo bied besighede 'n besondere bekostigbare bemarkingsplatform met advertensietariewe wat uiters bekostigbaar is. Tariewe is uiters aanpasbaar en enige spesiale pakette kan beding word.

Buite-uitsendings word gereeld gedoen waar ons óf direk vanaf besighede, skole, kerke ensovoorts uitsaai, óf slegs vir spesiale geleenthede musiek voorsien.

Kontak Ons

Posbus 220
Lichtenburg 2740

Tel : 018 632 1713 of 087 750 9829
Fax: 018 632 1718

e-pos

 

Sosiale Boekmerke

Twitter Facebook